Alida Fourie

Alida Fourie

February 2, 2011 DJ Testimonials Comments Off

Hiermee wil ek namens Karlien en Hennie (hulle is nog tans met “honeymoon” in Scotland) baie baie dankie se vir die wonderlike diens wat ons ontvang het van Fast Forward, in besonders van Jerome.

Die troue was ‘n groot sukses en almal het dit baie geniet (eers 2uur die oggend huistoe) Musiek speel ‘n groot rol by ‘n troue en ek dink dit hang alles af van die DJ hoe die mense die aand geniet.

Baie dankie ook vir die toerusting wat ons tydens die kerk seremonie kon gebruik het. Dit is ook altyd ‘n groot bekommernis of die DJ die hele aand sober gaan bly en homself gaan
Gedra. Wel ek is verras en moet julle komplimenteer dat die DJ (Jerome) voorwaar met die grootste vrymoedigheid aanbeveel kan word vir enige funksie.

Baie dankie en sterkte vorentoe.

Groete

Alida Fourie
Moeder van die bruid

Venue: Red Ivory Lodge
Hartbeespoortdam

red-ivory